GAZA. – Hamas het gesê dit sal soos beplan Saterdag gyselaars vrylaat. Dit volg na Hamas gedreig het om die vrylating uit te stel omdat Israel die skietstilstand oortree het. Israel het op sy beurt gedreig om die oorlog te hervat en Donald Trump se plan om Gaza oor te neem, te implementeer.
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel
Trump het ook voorgestel die skietstilstand moet opgeskort word en Hamas moet ’n ultimatum gegee word om al die gyselaars vry te laat.
Benjamin Netanyahu, Israeliese eerste minister, het gesê Hamas moet die gyselaars teen Saterdag namiddag teruggee – sonder om te sê hoeveel – “of die weermag sal weer veg tot Hamas heeltemal verslaan is”.
Bronne: The Independent, Sky News, CNN
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel