Hamas laat vandag drie gyselaars vry wat op 7 Oktober ontvoer is

Lees ook :

Hamas laat vandag drie gyselaars vry wat op 7 Oktober ontvoer is fotokrediet: X Skermgreep

GAZA. – Hamas gaan vandag drie gyselaars vrylaat wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, in ruil vir 369 Palestynse gevangenes uit Israeliese tronke. 36 van die gevangenes was tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lees ook: Hamas gaan gyselaars die naweek vrylaat

Benjamin Netanyahu, die eerste minister van Israel, se kantoor het bevestig die gyselaars wat vandag vrygelaat word, is Iair Horn (46), Sagui Dekel Chen (36) en Alexander (Sasha) Troufanov (29).

Die vrylating volg na dreigemente van Hamas om die vrylating uit te stel oor Israel na bewering die skietstilstand oortree het. Israel het gesê as die gyselaars nie vandag vrygelaat word nie, gaan hulle Gaza weer aanval en Trump se plan om Gaza oor te neem implementeer.

Bronne: DW, NBC News, The Telegraph

Lees ook: Hamas gaan gyselaars die naweek vrylaat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief