GAZA. – Hamas gaan vandag drie gyselaars vrylaat wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, in ruil vir 369 Palestynse gevangenes uit Israeliese tronke. 36 van die gevangenes was tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Lees ook: Hamas gaan gyselaars die naweek vrylaat
Benjamin Netanyahu, die eerste minister van Israel, se kantoor het bevestig die gyselaars wat vandag vrygelaat word, is Iair Horn (46), Sagui Dekel Chen (36) en Alexander (Sasha) Troufanov (29).
Die vrylating volg na dreigemente van Hamas om die vrylating uit te stel oor Israel na bewering die skietstilstand oortree het. Israel het gesê as die gyselaars nie vandag vrygelaat word nie, gaan hulle Gaza weer aanval en Trump se plan om Gaza oor te neem implementeer.
Bronne: DW, NBC News, The Telegraph
Lees ook: Hamas gaan gyselaars die naweek vrylaat