ISRAEL. – Die Israeliese weermag het gesê Hamas het gister nog ‘n liggaam oorhandig wat vermoedelik dié van ‘n gyselaar is.
Lees ook: Israel sê dit sal voortgaan met skietstilstand ná naweek se aanvalle
Die liggaam is deur die Rooikruis aan die Israeliese weermag oorhandig en sal formele identifisering ondergaan.
Hamas het al 20 lewende gyselaars oorhandig en 12 van 28 gestorwe gyselaars.
Daar was woede in Israel omdat al die liggame van oorlede gyselaars nog nie oorhandig is nie. Die Israeliese weermag het gesê die groep “is verplig om te hou by die ooreenkoms en om alle nodige stappe te neem om die gyselaars terug te gee”.
Hamas het gesê dit sukkel om die liggame weens die verwoesting in Gasa te kry omdat dit onder puin vasgevang is. Hulle het gevra vir addisionele masjinerie om die liggame uit te grawe, maar Israel beskuldig die groep van leuens en het gesê Hamas kan byna al die liggame teruggee.
Bronne: BBC, CNN, The Indian Express
Lees ook: Israel sê dit sal voortgaan met skietstilstand ná naweek se aanvalle





