KYK: Koning Leeu se ontsnapping vermaak vele – ondersoek geloods

Lees ook :

Foto: Skermgreep video-opname Dean Slater

Video-opnames in berig.

NOORDWES. – ‘n Leeu wat Maandag van die Vrystaat na Nietverdiend in Ramothere Moila vervoer is, het tydens sy rit op die R49 tussen Lichtenburg en Zeerust ontsnap. Verskeie video-opnames is van die dier en sy ontsnapping gedeel. Hierdie ongewone Houdini-truuk het motoriste en sosiale media aan’t gons gehad.

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing, bewaring en toerisme in Noordwes het in ‘n sosialemediaplasing gesê die voorval sal ondersoek word. Volgens die departement is daar geen rede tot kommer nie, aangesien die leeu weer suksesvol gevang is en geen bedreiging meer vir die gemeenskap of padgebruikers inhou nie.

Voorlopige bevindings dui daarop dat daar moontlik ’n oortreding van die voorwaardes vir die vervoer van die dier kon wees. Die ondersoek sal bepaal of die eienaar aan alle toepaslike wetgewing voldoen het, insluitend die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) 1884-3, wat die vervoer, hantering en welsyn van karnivore reguleer. Hierdie standaarde vereis nakoming van wetlike en veiligheidsbepalings vir hok- en voertuigontwerp, dierhantering en algemene welsyn.

Verder sal die departement ook nagaan of daar aan voorwaarde 5 van die permit voldoen is, wat vereis dat die houer openbare aanspreeklikheidsversekering moet hê vir enige skade wat deur ontsnapte diere veroorsaak word. Die departement waarsku dat streng stappe teen die permithouer geneem sal word indien daar bevind word dat permitvoorwaardes oortree is.

Wildboere en mense wat diere vervoer, word dringend aangemoedig om die nodige permitte vir die vervoer van wild aan te vra en streng by die permitvoorwaardes en veiligheidsprotokolle te hou, soos deur die wet vereis. Die departement beklemtoon dat die nakoming van hierdie veiligheidsmaatreëls noodsaaklik is vir veilige vervoer en die voorkoming van risiko’s vir die gemeenskap.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief