GASA. – Die Israeliese weermag het gesê dit sal voortgaan met die skietstilstand in Gasa nadat dit Sondag lugaanvalle geloods het.
Lees ook: Hamas oorhandig vier liggame aan Israel in ruil vir gevangenes
Israel het beweer Hamas het die skietstilstand oortree toe ‘terroriste ‘n ‘anti-tenk vuurpyl’ afgevuur het en op troepe in Rafah geskiet het”. Twee soldate is glo in die aanval dood. Hamas het gesê dit was “onbewus” van enige aanvalle in die gebied wat onder Israeliese beheer is.
Volgens Israel het dit teen Sondagaand verskeie Hamas-teikens regoor Gasa getref en volgens hospitale is 44 mense oorlede.
Hamas het gesê dit is toegewy aan die skietstilstand, maar Israel het dit oortree en het gesê aanvalle kan “die situasie druk tot ‘n totale ineenstorting”.
Israel het gesê hulle sal weer by die bepalings van die skietstilstand hou, maar sal “reageer op enige oortredings daarvan”.
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ook gedreig om voort te gaan met die oorlog as Hamas nie die liggame van die res van die gestorwe gyselaars vrystel nie. Hamas het 12 van die 28 liggame oorhandig, maar het gesê die res is onder puin vasgekeer en het gevra vir masjinerie om hulle uit te grawe. Israel het tot dusver nog nie die masjinerie voorsien of in Gasa toegelaat nie.
Bronne: BBC, Euronews, The Independent
Lees ook: Hamas oorhandig vier liggame aan Israel in ruil vir gevangenes





