GAZA. – Hamas het vier liggame aan Israel oorhandig van vermoedelik vier gyselaars wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is. Israel het in ruil sowat 620 gevangenes aan Hamas oorhandig.
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars
DNS-toetse word uitgevoer op die liggame om te bevestig dit is die liggame van Shlomo Mansour (86), Ohad Yahalomi (50), Tsachi Idan (50) en Itzik Elgarat (69). Dit volg na Hamas ’n Palestynse vrou se liggaam verlede week aan Israel oorhandig het in die plek van Shiri Bibas se liggaam. Hamas het gesê dit was ’n fout en het later Bibas se liggaam oorhandig.
Samesprekings vir die tweede en derde fase van die skietstilstand moet nog plaasvind na die eerste fase die naweek eindig.
Bronne: BBC, Euronews, USA Today
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars





