Lees ook: Hamas dreig om gyselaars in ‘kiste’ terug te stuur oor Israel se klopjagte
GAZA. – Volgens Hamas is minstens 40 mense dood en verskeie beseer na Israel ‘n veilige sone in die suide van Gaza aangeval het.
Israel het gesê dit het lugaanvalle op ‘n Hamas-bevelsentrum in Khan Younis se humanitêre gebied geloods en dat hulle stappe geneem het om burgerlikes te beskerm. Die gebied is vroeg in die oorlog deur die Israeliese weermag as ‘n veilige sone aangewys.
Hamas het gesê Israel se bewerings dat hulle vegters in die gebied was, is ‘n “blatante” leuen.
Bronne: BBC, Financial Times, Sky News
Lees ook: Hamas dreig om gyselaars in ‘kiste’ terug te stuur oor Israel se klopjagte