Brekende Nuus
Afrikaans

Hamas sê dit sal vanaf Maandag gyselaars begin vrylaat

Hamas sê dit sal vanaf Maandag gyselaars begin vrylaat

fotokrediet: X
Hamas sê dit sal vanaf Maandag gyselaars begin vrylaat fotokrediet: X

GASA. – Hamas het gesê dit sal vanaf Maandagoggend die Gasa-gyselaars begin vrylaat voor Donald Trump se globale vredesberaad in Egipte ‘n aanvang neem.

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede

Volgens die eerste fase van Trump se vredesplan moet Hamas die 20 lewende gyselaars en 28 liggame vrystel in ruil vir 2 000 Palestynse gevangenes.

Israel het die onttrekking van die weermag Vrydag voltooi, waarna Hamas 72 uur gegee is om die gyselaars vry te laat.

Hamas-lid, Osama Hamdan, het gesê: “Volgens die getekende ooreenkoms sal die ruil van gevangenes Maandagoggend begin soos ooreengekom”.

Bronne: The Indian Express, The Times of India, NDTV

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede