Lees ook: VSA stuur duikboot na Midde-Ooste na kommer oor Iran-aanval toeneem
GAZA. – Volgens Hamas is een Israeliese gyselaar is doodgeskiet en twee vroulike gyselaars is in twee aparte voorvalle gewond.
’n Wag wat ’n manlike gyselaar moes dophou, het hom doodgeskiet. Die twee vrouens is in ’n ander voorval gewond en pogings word aangewend om hulle te red.
Die gyselaars se identiteit is nie bekend nie. Hamas het die gyselaars se dood op Israel blameer en gesê onlangse lugaanvalle deur Israel kon die rede vir die skietery van die gyselaars gewees het.
Israel het gereageer en gesê hulle weet van die voorvalle.
Bronne: NBC News, Daily Mail, Reuters
Lees ook: VSA stuur duikboot na Midde-Ooste na kommer oor Iran-aanval toeneem





