Lees ook: Wêreldhof verklaar Israel se besetting van Palestynse gebiede onwettig
GAZA. – Hamas het ’n video aan Israel gestuur van hoe hulle die Israeliese gyselaars martel as ’n waarskuwing dat Palestynse gevangenes beter behandel moet word.
In die video spreek lede van Hamas glo Itamar Ben-Gvir, die minister wat tronkbeleid en -beheer aan. Die Hamas-lede waarsku dat die slegte behandeling van die Palestynse gevangenes die Israeliese gyselaars sal raak.
Ben-Gvir het sedert Augustus 2023 omstandighede in tronke vir Palestynse gevangenes vererger. Sommige gevangenes word weerhou daarvan om regsverteenwoordigers te sien en kan nie warm stort nie.
Na die Israeliese regering aangekondig het die Sde Teiman gaan uitfaseer word, het Ben-Gvir die besluit gekritiseer en gevra hoekom dit toegemaak word. Hy het gesê dit is ’n goeie ding dat die tronk oorbevolk is.
Bronne: The Telegraph, The Jerusalem Post, Yahoo
Lees ook: Wêreldhof verklaar Israel se besetting van Palestynse gebiede onwettig





