NOORDWES. – Onalenna Booi (19), ‘n matriekleerling van Hoërskool Tiego Tawana in Dithakong East naby Mafikeng, het gesterf nadat hy na bewering met geweld na ‘n inisiasieskool geneem is.
Luidens ‘n verklaring deur die provinsiale onderwysdepartement, wat hulle skok oor Booi se afsterwe uitgespreek het, is hy kort nadat hy sy matriekeksamen in November voltooi het geforseer om die inisiasieskool by te woon. Booi se familie het glo nie geweet waar hy hom bevind nie en het sy liggaam Vrydag gevind.
Die departement het hul hartseer uitgespreek en gesê hulle ondersoek die voorval. ‘n Diens vir Booi sal op 31 Desember by die skool gehou word.







