Lees ook: Harvey Weinstein se skuldigbevinding vir verkragting omgekeer
MANHATTAN, VSA. – Harvey Weinstein is in die hospitaal opgeneem slegs dae na sy 2020-vonnis vir verkragting en seksuele aanranding omgekeer is.
Weinstein se prokureur het gesê Weinstein is Vrydag na ‘n Manhattan-hospitaal geskuif. Die prokureur, Arthur Aidala, het ook gesê Weinstein het fisies baie hulp nodig. Aidala het ook gesê Weinstein het baie gesondheidsprobleme.
Volgens ‘n woordvoerder vir die korrektiewe departemenet is Weinstein steeds in aanhouding in die hospitaal.
Bronne: BBC, AP News, Variety
Lees ook: Harvey Weinstein se skuldigbevinding vir verkragting omgekeer





