Heinz Winckler, en sy vrou, Aletté, het onlangs onder die publieke soeklig gekom na ’n stelling dat oorgewig kerkleiers vir hul gemeentes preek terwyl hulle hul skuldig maak aan die sonde van vraatsug.
Die egpaar het skrifgedeeltes uit die Bybel aangehaal en hul kommer uitgespreek oor geestelike leiers wat volgens hulle vir gemeentes preek, maar terselfdertyd self skuldig is aan wat hulle beskryf as die sonde van vraatsug.
Die stelling het ‘n debat en breër gesprek ontketen oor gesondheid, liggaamsbeeld en die rol van geestelike leierskap binne geloofsgemeenskappe.
Volgens die egpaar is die stelling deur die media uit konteks geneem en het dit beskryf as “halwe waarhede.” Die egpaar het hul ten spyte daarvan weer na sosiale media gewend met ‘n amptelike verskoning.
“Hier is ’n openbare verskoning van my en my vrou rakende die onlangse artikel wat sekere opmerkings uitgelig het wat ons tydens ons onderhoud op die In HeinzSight BoldCast gemaak het. Mag julle Paasnaweek geseënd wees.”



Aletté se aanlyn dieetprogram, genaamd die Exodus Experience, geniet ook gemengde reaksie op sosiale media deur die publiek.
Op haar eie Facebook-blad beskryf Winckler die streng eetprogram as “ ’n heilige reis”.
Sien ook:





