WES-KAAP. – Die African Gangster Tattoo Studio in Hermanus is op soek na twee vroue wat ’n mastektomie gehad het om herstel-tatoeëring te ondergaan om “hulle selfvertroue en gemak met hul liggame te verbeter”.
Die ateljee bied in ‘n sosialemediaplasing aan om littekens van die mastektomie te kamoefleer of dekoratief te verbeter. Die vroue wat kontak maak, sal met privaatheid, respek en waardigheid hanteer word. Vroue wat belangstel in die tatoeëring kan ‘n WhatsApp-boodskap na 071 334 2948 of e-pos aan [email protected] stuur.
Twee vroue sal gekies word om die ateljee in Hermanus te besoek en die tatoeëring te ondergaan.





