Heruitgawe van Harry Potter in Afrikaans tref April winkelrakke

Dit volg op die toenemende aanvraag vanaf boekwinkels en biblioteke dat die reeks weer in Afrikaans beskikbaar moet wees nadat dit uit druk geraak

Harry Potter word weer in Afrikaans uitgegee. Foto's ter illustrasie: NB-Uitgewers en Canva

SUID-AFRIKA. – NB-Uitgewers het aangekondig die immergewilde Harry Potter-reeks gaan weer in Afrikaans uitgegee word. Harry Potter en die Towenaar se Steen sal op 19 April 2024 op die winkelrakke wees. Daarna kan lesers elke maand tot Oktober 2024 ’n nuwe Harry Potter-boek verwag.

Dit volg op die toenemende aanvraag vanaf boekwinkels en biblioteke dat die reeks weer in Afrikaans beskikbaar moet wees nadat dit uit druk geraak het. Janie Oosthuysen het destyds boek 1 tot 5 vertaal terwyl Kobus Geldenhuys boek 6 en 7 vertaal het. Daar is sedert 2000 meer as 110 000 eksemplare van die Afrikaanse vertaling verkoop.

Simone Hough, Human en Rousseau se uitgewer van kinder- en jeugboeke, sê daar word minimaal aan die vertalings hersien. “Al werk wat ons nou aan die tekste doen, is om die vertalings liggies te hersien om name en titels orals konsekwent te maak. Dumbledore is byvoorbeeld nou in al sewe boeke Dumbledore, eerder as Dompledorius; Hermoine is nou Hermoine en nie Hermien nie.”

As deel van die uitgewery se hernude ooreenkoms met J.K. Rowling se agent in die VK gaan nuwe omslagontwerpe deur Jonny Duddle gebruik word.

Lees NB-Uitgewers se volledige verklaring:

Bron: NB-Uitgewers

Mangaung-munisipaliteit veroordeel ‘onwettige grondvergrype’ buite Bloemfontein

Drie kinders beseer toe taxi kitskoswinkel inploeg

Twee sterf in ‘n ongeluk op N3

Soektog na Joslin nóóit gestaak, polisieminister sal Saldanhabaai besoek