As jy lus is vir sokkie of musiek met ‘n lekker ritme – staan nader. Die Afrikaanse sanger Nicholis Louw se nuutste enkelsnit, Werfbobbejaan, is onlangs vrygestel.
Die lied is deur Vonk Musiek uitgereik en Louw het help skryf. Werfbobbejaan is op alle digitale platforms beskikbaar.
Sy aanhangers beskryf dit as die ideale sokkie-liedjie.
Louw het aanvanklik bekendheid verwerf na die album Rock daai lyfie in 2005 uitgereik is.
Luister hier na die lied.
Bronne: Nicholis Louw Facebook, YouTube





