Lees ook: Onthou van die hittegolf
Die hittegolf wat die land verlede week getref het, duur voort. Die Noord-Kaap, Noord-Wes, Vrystaat en Limpopo beleef tans ‘n hittegolf, wat na verwagting tot Dinsdag sal voortduur.
’n Waarskuwing vir warm en ongemaklike omstandighede is uitgereik vir die Wes-Kaap en Noord-Kaap.
Mense word herinner om uit die son te bly en om water te drink. Troeteldiere moet ook indien moontlik in die huis gehou word en van water voorsien word.
Bronne: Saws
Lees ook: Onthou van die hittegolf





