Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n waarskuwing oor ‘n hittegolf vir die Noord-Kaap tot Woensdag uitgereik.
Lees ook: Amazon Web Services weer aan die gang
Die hittegolf word verwag in die Richtersveld- en Mtzikama- munisipale gebiede. Temperature in die lae tot middel 30’s word tot Woensdag voorspel.
Mense word herinner om binnenshuis te bly indien moontlik en om baie water te drink. Diere moet ook onderdak gehou word waar moontlik en van voldoende water voorsien word.
Bronne: SAWD
Lees ook: Amazon Web Services weer aan die gang





