Hoërskool glo beroof – verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Seshigo High School Webtuiste

LIMPOPO. – Hoërskool Seshego in die Capricorn-distrik is glo Sondagoggend beroof. Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur om die verdagtes op te spoor.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens inligting het veilgiheidswagte geluide buite een van die klaskamers gehoor. Toe hulle gaan ondersoek instel, het hulle op drie verdagtes afgekom van wie een ’n vuurwapen op hulle gerig het. Die wagte is oorweldig en van twee selfone beroof.

Die verdagtes het die wagte daarna gedwing om hulle na die administrasieblok te neem, waar hulle veiligheidshekke beskadig en ’n venster gebreek het. Al drie het die kantoor betree, maar ’n alarm het afgegaan terwyl hulle binne was, waarna hulle van die toneel gevlug het. Die polisie is na die toneel ontbied en ’n saak van sakeroof is vir verdere ondersoek geopen.

Ledwaba sê die ondersoek voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief