Hoërskool Silverton betreur matrikulant se dood ná gyselaarvoorval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Matriekleerling (18) van Hoërskool Silverton in Pretoria is Dinsdag ná ’n gyselaarvoorval in Mamelodi, waarin sy gesin betrokke was, oorlede.

Steve Mabona, GDO-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval, net vyf weke voor die finale eksamen, het gedurende die September-rekordeksamen ’n groot emosionele las op matriekleerlinge en die breër skoolgemeenskap geplaas.

Die GDO se psigo-sosiale ondersteuningspan is na die skool gestuur om onmiddellike berading en emosionele ondersteuning aan leerlinge, onderwysers en personeel te verskaf. Hierdie dienste sal voortduur solank as wat dit nodig is. Die departement werk ook saam met die skoolleierskap en omliggende skole om te verseker dat die insident nie die akademiese vordering, veiligheid of welstand van ander leerlinge negatief beïnvloed nie.

Die departement het sy innige meegevoel aan die familie, vriende en die hele hoërskoolgemeenskap uitgespreek en versoek dat die publiek die familie se privaatheid respekteer terwyl hulle rou.

Leerlinge wat emosionele ondersteuning benodig, kan berading kry by die GDO se psigo-sosiale ondersteuningspan of hul plaaslike distrikskantoor. Hulle kan ook Childline by 116, Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angs-groep (SADAG) by 0800 567 567 of 0800 456 789 of die GDO se hulplyn by 0800 000 789 bel, of by 060 891 0361 WhatsApp.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief