GAUTENG. – Die polisie en sekuriteitsbeamptes was glo Vrydagmiddag op die Ou Johannesburgpad, naby Zwartkop-lugmagbasis in Centurion, in ‘n hoëspoedjaagtog met verdagtes betrokke. ‘n Ongeluk het plaasgevind, waartydens lede van die publiek en die verdagtes beseer is.
CERT-SA sê hulle Centurion-bemanning is omstreeks 14:00 na die ongelukstoneel.
Na bewering het die voertuig waarin die vermeende verdagtes gery het met nog ‘n voertuig gebots.
Twee beseerde lede van die publiek is in ‘n stabiele toestand na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Drie verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, word deur die polisie ondersoek.
FiND iT het polisiekommentaar gevra.
“Thanks to Netcare911, Critical Care EMS, Monitor Net, Noordvaal Security Guard Division , Copwatch, Tracker South Africa , Safe City Projects , Axon Security, Fidelity ADT, Lyttleton SAPS, Wierdabrug SAPS, Wierdabrug Sector 1 and 3 CPF, Air Force Base Zwartkop Fire Depertment, Precision Towing, Firsthelp Towing and all other Services for the assistance on the scene.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





