Lees ook: Hoethi’s val Griekse skip aan in Rooi See
TEL AVIV. – Die Hoethi-groep het verantwoordelikheid geneem vir ‘n aanval op Tel Aviv waarin een persoon oorlede en vier beseer is.
Israel se weermag het gesê die aanval volg na hulle bevestig het hulle het ‘n leier van die Hezbollah-groep in Lebanon doodgemaak.
Volgens die Hoethi-woordvoerder het hulle Tel Aviv met ‘n hommeltuig aangeval en sal aanhou om Israel te teiken in solodariteit met die Palestynse burgers in die Gaza-oorlog.
Bronne: BusinessLIVE, India TV, Yahoo





