Lees ook: VSA val nog Hoethi-teikens in Jemen aan
ROOI SEE. – ’n Senior Hoethi-beampte het belowe Russiese en Chinese skepe sal nie aangeval word in die Rooi See nie.
Die beampte, Mohammed al-Bukhaiti, het in ’n onderhoud gesê dit is veilig vir skepe om naby Jemen te vaar so lank hulle nie verbind is aan sekere lande nie, veral Israel.
Al-Bukhaiti het gesê ander lande se skepe is veilig en hulle sal selfs seker maak die skepe kom veilig deur die Rooi See.
Hy het gesê skepe verbind aan Israel sal steeds aangeval word, asook skepe van die VSA en VK. Die Hoethi-rebelle het vandag nog ’n VSA-vragskip aangeval na hulle gister op nog Hoethi-teikens toegeslaan het.
Bronne: NDTV, The Guardian, TASS Russian News Agency
Lees ook: VSA val nog Hoethi-teikens in Jemen aan





