ISRAEL. – ’n Vuurpyl van Jemen se Hoethi-rebelle het Sondag naby Israel se hooflughawe getref en agt mense beseer.
Lees ook: Verhoor oor Israel se humanitêre verpligting aan Gaza begin in Internasionale Geregshof
Hoethi-rebelle het verantwoordelikheid vir die aanval naby die Ben Gurion-lughawe aanvaar. Die groep se woordvoerder het lugrederye gewaarsku die lughawe is “nie meer veilig vir reis nie”.
Israel se verdedigingsminister het in antwoord op die aanval gesê: “Enigiemand wat ons skade aandoen, sal sewe keer soveel skade terugkry”.
Die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê Israel sal nie die aanval verdra nie en: “Ons sal onthou dat die Hoethi’s optree met Iran se ondersteuning”.
Bronne: The Independent, ABC News, The Times of Israel
Lees ook: Verhoor oor Israel se humanitêre verpligting aan Gaza begin in Internasionale Geregshof





