DEN HAAG. – Die verhoor aangaande Israel se humanitêre verpligting aan Palestynse burgerlikes in Gaza het gister (Maandag) in die Internasionale Geregshof begin.
Lees ook: Poetin kondig drie-dag-skietstilstand in Oekraïne aan vanaf 8 Mei
Dit volg na die VN se Nasionale Vergadering die Internasionale Geregshof gevra het vir hulle mening oor Israel se wetlike verantwoordelikheid ná die land UNTWA verhoed het om in Gaza hulp te verleen.
Die World Food Programme het verlede week aangekondig die kosvoorraad in Gaza is gedaan na Israel die ingang van kos, brandstof, medisyne en ander noodsaaklikhede na die gebied vanaf 2 Maart verbied het.
Volgens Israel teiken dit nie doelbewus burgerlikes of noodhulppersoneel nie, na dit die oorlog op 18 Maart hervat het om Hamas te dwing om nog gyselaars vry te laat.
Israel sal nie ‘n verteenwoordiger by die week se verhoor hê nie.
Dit sal waarskynlik maande neem vir die hof om ’n beslissing te maak.
Bronne: Euronews, BBC, The Times of Israel
Lees ook: Poetin kondig drie-dag-skietstilstand in Oekraïne aan vanaf 8 Mei