Lees ook: Dringende aansoek vandag in hof oor 2024-matriekuitslae
PRETORIA. – Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria sal vandag beslis of dit die meriete vir die saak aangaande die plasing van die 2024-matriekuitslae in die media, sal aanhoor.
Regter Ronel Tolmay het gister gesê die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika moet eers die dringendheid van hulle aansoek om die plaas van die uitslae te keer, bewys. Sy het geweier om vir nou argumente oor die meriete van die aansoek te hoor.
As Tolmay beslis dat die saak nie dringend is nie, sal die uitslae volgende week geplaas word. Indien sy beslis dit is dringend, sal alle partye voortgaan met hulle argumente op die feite van die saak.
Die Inligtingsreguleerder het die saak voor die hof gebring na hulle beweer het die onderwysdepartement oortree die Popi-wet deur die uitslae in die media bekend te maak. Die onderwysdepartement en AfriForum het gesê die departement voldoen aan die wet, omdat leerlinge se name en vanne nie geplaas word nie.
Bronne: IOL, EWN, eNCA
Lees ook: Dringende aansoek vandag in hof oor 2024-matriekuitslae