Hof magtig uitsettingskennisgewings vir Wingfield en Paint City

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die Wes-Kaap-hooggeregshof het die Stad Kaapstad en die departement van binnelandse sake en openbare werke toestemming gegee om die balju te magtig om uitsettingskennisgewings te beteken aan buitelanders wat onregmatig by Wingfield en Paint City in Bellville woon.

In ‘n verklaring sê die Stad buitelanders is tydens die Covid-19-inperking na dié terreine verskuif nadat die hof hul uitsetting van Groentemarkplein en die Central Methodist Church toegestaan het. Honderde het intussen hulp aanvaar om te verhuis of is gerepatrieer, maar sowat 160 mense woon by Wingfield en ongeveer 200 by Paint City.

“Hierdie aansoek is daarop gemik om die terreine tot hul oorspronklike openbare gebruik te herstel en ’n einde te bring aan die onwaardige toestande, sowel vir die inwoners as die publiek,” het die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, gesê.

Volgens die owerhede is dit nie volhoubaar om voort te gaan met die koste van akkommodasie nie, en kan die inwoners se eise om na Europa of Kanada hervestig te word, nie wetlik nagekom word nie.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief