Hof verbied Tshwane-metro-munisipaliteit om skole se elektrisiteit af te sit

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Bevel van die Pretoria-hooggeregshof het vandeesweek skole in Tshwane beskerm teen elektrisiteit wat afgesny word weens gterstallige erfbelasting – dit is die owerhede se verantwoordelikheid en nie die skole s’n nie. Die belasting moet wel deur die Gautengse regering betaal word. Die hof het het ook gelas dat die elektrisiteit van skole waar krag afgesny is, onmiddellik herstel moes word.

Die Departement vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning verwelkom die uitspraak en is tans besig om die hofbevel te bestudeer. Volgens Onwabile Lubhelwana, die woordvoerder van Lebogang Maile, die LUR van die betrokke departement, sal ‘n volledige verklaring daarna uitgereik word. Die departement erken dat skole in Tshwane al ‘n geruime tyd met herhaalde dienste-onderbrekings sukkel, wat ‘n ernstige uitwerking op onderrig, veiligheid en die algemene werking van skole inhou.

Alana Bailey, AfriForum-woordvoerder, sê die organisasie het saam met Laerskool Wierdapark die hof dringend genader, nadat dit aan die lig gekom het dat verskeie skole die afgelope tyd skielik sonder elektrisiteit gesit het. Sy sê dit is onregverdig teenoor die skole, aangesien hulle hul kragrekeninge betyds en volledig betaal het. Sommige het selfs vooruitbetaal. Die situasie het groot skade aangerig – kinders kon nie behoorlik leer nie, veiligheidstelstels het opgehou werk en warm etes kon nie aan behoeftige leerders voorsien word nie. Skole wat kragopwekkers gehad het, moes teen onvolhoubare koste net die mees noodsaaklike dienste lewer.

AfriForum verwelkom ook die kostebevel wat teen die Tshwane-metro toegestaan is, wat volgens Bailey die onwettige aard van die metro se optrede bevestig. Die organisasie het reeds in 2009 ‘n soortgelyke stryd teen Tshwane gewen.

Druk hier om die AfriForum verklaring te lees. Druk hier om die Gauteng Departement van Onderwys se verklaring te lees.

Screenshot

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief