Hof verklaar SEB-vereistes vir lugdienslisensies onwettig

Lees ook :

Foto: Sakeliga

GAUTENG. – Die Pretoria-hooggeregshof het bevind dat die Lugdienslisensiëringsraad (ASLC) onwettig op swart-bemagtiging (SEB)-sertifisering en transformasievereistes aangedring het vir die uitreik van lugdienslisensies.

Volgens die hof is die raad se optrede strydig met die Lugdienslisensiëringswet 115 van 1990, wat vereis dat lisensies op grond van veiligheid, verblyfreg en vliegtuigregistrasie uitgereik word, sonder addisionele rasgebaseerde kriteria. Die hof het ’n kostebevel teen ASLC toegestaan en ook die verbod op elektroniese opnames tydens lisensieverhore onwettig verklaar.

Sakeliga, wat die saak in November 2024 aanhangig gemaak het, het ook soortgelyke optrede deur die Internasionale Lisensieraad vir Lugdienste (IASC) geïdentifiseer en oorweeg verdere regsaksie.

Druk hier om Sakeliga se volledige verklaring te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief