LYON, FRANKRYK. – ’n Holocaust-gedenkteken in Lyon, Frankryk, is Saterdag gevandaliseer met die woorde “Bevry Gasa” in die marmer gekrap.
Lees ook: Greta Thunberg en aktiviste weer op pad na Gasa
Die burgemeester van Lyon, Grégory Doucet, het die vandalisme Maandag ’n “onaanvaarbare aksie” genoem en het gesê die verantwoordelike mense sal “gevang en verhoor word”. Hy het gesê “Lyon staan teen haat, anti-semitisme en rassisme” en die feit dat die boodskap op ‘n Holocaust-gedenkteken gemaak is, duidelik ‘n daad van anti-semitisme is.
Die munisipaliteit het intussen die boodskap verwyder en die deel van die gedenkteken waarop dit geskryf was, herstel.
Die gedenkteken is in Januarie opgerig buite die treinstasie wat deur Nazi’s gebruik is om Jode na die Auschwitz-Birkenau-uitwissingskamp te vervoer.
Bronne: Euronews, Israel News, The Jerusalem Post





