Greta Thunberg en aktiviste weer op pad na Gasa

Lees ook :

Greta Thunberg en aktiviste weer op pad na Gasa fotokrediet: X

BARCELONA. – Greta Thunberg, Sweedse klimaat-aktivis, en 350 pro-Palestina aktiviste is weer op pad na Gasa om die vlootblokkade vir humanitêre hulp aan die beleërde gebied te probeer breek.

Lees ook: Greta Thunberg se boot gekeer op pad na Gasa

‘n Flottielje met sowat 20 bote met Palestynse vlae op het Barcelona gister verlaat met mediese en kosvoorraad vir Gasa.

Die organiseerders het gesê die doel is om “Israel se onwettige vlootblokkering van Gasa te breek” en dat die missie in twee dele sal plaasvind met die eerste bote wat klaar weg is en die res wat op 4 September vanaf Tunis sal seil. Aktiviste hoop die bote sal in die Mediterreense See bymekaarkom en dan na Gasa beweeg. Die reis sal na verwagting sewe tot agt dae neem.

Israeliese owerhede het in Junie ‘n seilboot met Thunberg en ander aktiviste onderskep wat op pad was om humanitêre hulp aan Gasa te verleen. Hulle is daarna uit Israel gedeporteer.

Israel het in Maart ‘n drie maande lange totale blokkering van humanitêre hulp aan Gasa ingestel, wat einde Mei onder internasionale druk gedeeltelik verbreek is deur beperkte hulpverlening in die gebied toe te laat.

Bronne: BBC, CBS News, Daily Mail

Lees ook: Greta Thunberg se boot gekeer op pad na Gasa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief