Honde-eenhede op Kaapse Vlakte geïgnoreer – DA

Lees ook :

Foto: Ian Cameron

WES-KAAP. – Die Demokratiese Alliansie (DA) het sy verontwaardiging oor nuwe onthullings, dat die SAPD steeds sy K9-eenhede in Kaapstad opsyskuif, ten spyte van dié eenhede se beproefde doeltreffendheid in die stryd teen dwelms en bendeverwante misdaad, uitgespreek.

Nicholas Gotsell, DA-parlementslid en dienend in die nasioale raad van provinsies vir veiligheid en justisie, sê is dit veral kommerwekkend dat lt.genl. Thembisile Patekile, die polisiekommissaris, volhard om nie die honde op die Kaapse Vlakte in te span waar hulle die dringendste benodig word nie. Gotsell het ook gesê dit is skokkend dat daar tans net een operasionele dwelmsnuffelhond is wat die hele Kaapstad-metro bedien.

Die DA het ’n brief aan lt.genl. Patekile gestuur waarin verduideliking geëis word oor die rede waarom nog beskikbare honde nog nie na die Roodeplaat-opleidingsfasiliteit in Pretoria gestuur is nie en waarom hulle reeds langer as twee maande werkloos is, terwyl gemeenskappe onder beleg verkeer.

Ná ’n DA-oorsigbesoek aan die eenheid in Februarie is ’n skenking van 16 honde uit die gemeenskap bekom. Hoewel die DA dié stap verwelkom het, het dit intussen aan die lig gekom dat slegs ses van daardie honde medies geskik verklaar is. Alhoewel dié ses honde reeds meer as twee maande gelede hul gereedheidstoetse geslaag het, wag hulle steeds op formele plasing in opleidingskursusse vir spesialisering in kritieke velde soos dwelm- en plofstofopsporing.

“Die honde se toegewyde hanteerders verkeer reeds vir maande in onsekerheid, sonder enige opleidingsdatums, leiding of dringendheid vanaf SAPD-bestuur,” sê Gotsell.

Intussen word Roodeplaat, die polisie se nasionale honde-opleidingsfasiliteit, vir ander stasievlak-kursusse gebruik. Miljoene rande is reeds aan opgraderings bestee, terwyl die kernfunksie om polisiehonde vir misdaadbestryding op te lei, agterweë bly.

Die DA herhaal sy beroep op lt.genl. Patekile om die opleiding en ontplooiing van die ses honde in Kaapstad dringend te prioritiseer.

“Indien die SAPD werklik ernstig is oor misdaadbekamping, moet hulle ophou om van hul mees lojale en effektiewe bondgenote, die hondehanteerders en hulle honde, te ignoreer.”

Ian Cameron, voorsitter van die portfoliokomitee van die polisie, parlementslid en misdaadaktivis, het Gotsell op Facebook bedank en sê: “One dog for a city under siege: SAPS’ K9 crisis on the Cape Flats. On the Cape Flats, where drugs and gangs terrorise communities daily, SAPS has left its own best crime-fighting asset, the K9 Unit, sidelined and neglected. The DA is fighting to fix this. After we exposed the shocking state of the K9 Unit during an oversight in February, civil society stepped up and donated 16 dogs. But SAPS could only clear six as fit for duty. Those six have now been left waiting for months, with no training scheduled and no urgency from management to get them deployed. In the entire Cape Town metro, SAPS currently has only one operational narcotics detection dog. Just one dog for a city of millions, in the middle of a gang war. This is not a failure of the dedicated handlers. It is a failure of senior leadership and a lack of political will to prioritise intelligence-led, prosecution-driven policing. If it were not for the City of Cape Town building its own, well-resourced K9 capacity, far beyond its municipal mandate, the situation would be even worse. The City’s K9 Unit is now better equipped and more effective than SAPS itself. We will keep the pressure on Provincial Commissioner Patekile to stop wasting this vital resource. Cape Town deserves a police service that takes crime seriously and that includes putting dogs and their handlers back on the frontlines where they belong.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief