Hoof buite laerskool doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. – Die skoolhoof (54) van Laerskool Ekuthuleni in Bloekombos, Wallacedene, Kraaifontein, is vanoggend buite die laerskool in sy voertuig doodgeskiet. ‘n Vroulike passasier is gewond.

Kapt. Frederick van Wyk sê speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad fynkam tans die toneel vir leidrade. ‘n Wit Mahindra met twee persone in het omstreeks 07:00 by die ingang van die skool in Henzikilestraat stilgehou. Drie verdagtes het die twee persone in die Mahindra genader, op hulle geskiet en in ‘n voertuig van die toneel gevlug. Die skoolhoof het gesterf en die vrou is in ‘n hospitaal opgeneem.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. kol. Eddie Clark by 082 469 1531 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief