Hooggeregshof beveel Ramaphosa om redes te gee vir teken van NGV

Lees ook :

Hooggeregshof beveel Ramaphosa om redes te gee vir teken van NGV fotokrediet: X

PRETORIA. – Die Noord-Gautengse hooggeregshof het beslis president Cyril Ramaphosa moet redes gee vir die teken van die Nasionale Gesondheidsversekeringwet (NGV).

Lees ook: Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem

Ramaphosa moet ’n volledige rekord gee van sy besluit om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet te teken en bekragtig. Die rekord moet voldoen aan reël 53 van die hofreëls en moet binne 10 kalenderdae vanaf die hofbeslissing aan die hof oorhandig word.

‘n Aansoek deur die Raad van Gesondheidsbefondsers (BHF) en die Suid-Afrikaanse Forum vir Privaat Praktisyns (SAPPF) is by die hof ingedien om te keer dat die Nasionale Gesondheidsversekeringwet geïmplementeer word.

Die BHF het gesê die hof se beslissing is ’n oorwinning vir die oppergesag van die reg en “herbevestig die grondwetlike beginsel dat alle publieke mag aan die wet moet voldoen en dat niemand, insluitend die president, bo geregtelike ondersoek is nie”.

Bronne: IOL, eNCA, Jacaranda FM

Lees ook: Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief