Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem

Lees ook :

Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem
Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem fotokrediet: Canva

Lees ook: Ramaphosa onderteken vandag die NGV

President Cyril Ramaphosa gaan 14:00 vandag die nasionale gesondheidsversekeringwetsontwerp (NGV) onderteken.

Baie Suid-Afrikaners is bekommerd oor wat gaan gebeur met hulle mediese fondse en of hulle dit moet kanselleer. Volgens BusinessTech het die mediese fondse gesê hulle kliënte moenie kanselleer nie, aangesien dit nog baie lank kan neem voordat die stelsel in werking gestel kan word.

Daar is sover nog nie duidelikheid oor wat die inhoud van die voorgestelde wetgewing gaan wees nie.

Die sisteem sal ook waarskynlik in fases geïmplimenteer word en sal eers in die howe uitgedaag word, dus kan dit jare neem voor dit in volle werking is.

Dit is wel moontlik dat Suid-Afrikaners nou drie keer gaan moet betaal. Belasting gaan betaal moet word, mediese fondse gaan betaal moet word en die belasting wat die NGV befonds, gaan betaal moet word.

Navorsers het gesê om die NVG te befonds, gaan BTW van 15% tot 21.5% vermeerder of persoonlike inkomstebelasting gaan vermeerder tot 31% of werknemersbelasting vir die formele, nie-landbou sektor gaan tot R1 565 per maand toeneem.

Bronne: BusinessTech, The Citizen, IOL

Lees ook: Ramaphosa onderteken vandag die NGV

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief