PRETORIA. – Die Pretoria-hooggeregshof sal later ’n beslissing maak in die DA se aansoek teen die Wysigingswet op Billike Indiensneming.
Lees ook: DA gaan hof toe oor raswet
Die DA was gister in die hof om dié wysigingswet en die gepaardgaande nuwe regulasies oor raskwotas in die werkplek teen te staan. Volgens die DA is die nuutste aanpassings teen die grondwet en oortree die beginsel van gelykheid voor die wet.
Die DA staan seksie 15A van die aangepaste wet aan wat vereis dat daar ewe veel verteenwoordiging van gekwalifiseerde mense van die gekose rasgroepe op alle werksvlakke is. Seksie 15A laat die minister van arbeid toe om numeriese teikens op te stel vir werkers in spesifieke sektore.
Die advokaat vir die minister van arbeid en die parlement, Fana Nalane SC, het gesê daar is niks grondwetlik fout met die aanpassings nie en sê die wysigingswet gee die minister mag om numeriese teikens vir verskillende sektore op te stel, ten einde transformasie te bevorder.
Bronne: IOL, SABC, Sunday World
Lees ook: DA gaan hof toe oor raswet