DA gaan hof toe oor raswet

Lees ook :

DA gaan hof toe oor werksgelykheidwetsontwerp fotokrediet: Canva

Die DA het ’n aansoek by die Gauteng hooggeregshof ingedien om die Wysigingswet op Billike Indiensneming en die gepaardgaande raskwotas in die werkplek teen te staan.

Lees ook: Eskom sê beurtkrag kan dié winter vermy word

Helen Zille, die DA se federale voorsitter, het gesê die wetsontwerp gaan tot groter werkloosheid lei en dat Suid-Afrika groei en werksgeleenthede nodig het, nie rasgebaseerde wette wat  mense daarvan weerhou om in diens geneem te word nie.

Die DA het gesê die wetsontwerp gaan werksgeleenthede vernietig, die ekonomie verswak en teen die grondwetlike regte van minderhede in Suid-Afrika diskrimineer. Volgens Zille gaan die DA steeds deel bly van die RNE.

Die ANC het by monde van sy sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gesê die DA se hofaansoek bewys hulle is teen transformasie gekant.

Nomakhosazana Meth, die minister van arbeid, het die DA se hofaansoek gekritiseer en ook gesê hulle is anti-transformasie.

Bronne: IOL, SABC, EWN

Lees ook: Eskom sê beurtkrag kan dié winter vermy word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief