NIEU-SEELAND.- Twee bergklimmers is gister dood nadat hulle van die hoogste berg in Nieu-Seeland, die Aoraki, geval het.
Lees ook: Sneeustorting eis 7 bergklimmers in Nepal
Nog twee klimmers is vanoggend gered nadat hulle gisteraand nooddienste vir hulp gebel het.
Die liggame van die oorlede klimmers is later gevind waar hulle steeds aan die klimharnas vas was. Reddingswerkers is besig om die liggame van die berg af te probeer haal.
Die bergklimmers is nie geïdentifiseer nie, maar volgens die Nieu-Seelandse mediamaatskappy Stuff was een van die klimmers wat omgekom het, ‘n bergklimgids en die ander oorledene ‘n kliënt van hom.
Bronne: BBC, The Independent, ABC





