NEPAL. – Sewe bergklimmers, insluitend vyf buitelanders, is gister dood in ‘n sneeustorting in Nepal.
Lees ook: Reddingswerkers bereik vasgekeerde klimmers op Everest
Die bergklimmers is dood in ‘n sneeustorting naby die kamp van die berg Yalung Ri in die Dolakha-distrik.
Reddingswerkers kon twee van die liggame onder die sneeu uitkry, maar soek nog na vyf liggame wat in die sneeu begrawe is. Die voorsitter van Seven Summit Treks, sherpa Mingma, het gesê die ander liggame is “moontlik onder 10-15 voet sneeu begrawe”. Vyf ander klimmers kon op hul eie met geringe beserings terugkeer na die kamp.
Die klimmers was deel van ‘n groep wat ‘n uur voor die sneeustorting begin klim het.
Bronne: BBC, Daily Mail, The Kathmandu Post
Lees ook: Reddingswerkers bereik vasgekeerde klimmers op Everest





