Hoop en waardigheid vir oumense

Lees ook :

Die nuwe Sara-sisteem bring hoop vir oumense wat bedlêend is of sukkel om te loop. Die Sara-sisteem  het alles verander as dit kom by ’n verswakte pasiënt na ’n stoel of toilet neem. Volgens hospitaalpersoneel het die gebruik van bedpanne en doeke dramaties verminder na die implementering van ’n Sara-sisteem in elke afdeling en die voorkoms van rugbeserings onder personeel het ook afgeneem.

Om ’n doek te moet dra, tas jou waardigheid aan en enige mens probeer dit sover as moontlik probeer voorkom. Die meeste bejaardes wat in versorgingseenhede woon, het nie ’n keuse nie, aangesien personeel nie in staat is om hulle toilet toe te neem nie.

Martin Viljoen, gekwalifiseerde fisioterapeut in Kimberley, sê: “Kimberley Upliftment Project besoek gereeld aftreeoorde in en om Kimberley en ons harte breek om te sien dat hierdie fasiliteite nie toegerus is met die nodige hulpmiddels om verpleegpersoneel te help met die mobilisering van die mensies na ’n stoel of selfs na die toilet nie.”

Martin Viljoen is ’n lid van die Taberna Dei Diamantstad Kerk en sê hulle visie is “Mense in Kimberley wat waardig leef in hul lot”. Hulle wil ’n fondsinsamelingsprojek begin om elke verswaktesorg-eenheid in en om Kimberley van ten minste een Sara-sisteem te voorsien.”

Indien jy ’n bydrae wil maak, kan jy een van die volgende persone skakel:

Werner Strauss – Direkteur – 079 498 5292
Andrew Helena – Direkteur – 082 575 3416
Martin Viljoen – Lid – 084 585 1060

Of ’n e-pos stuur na: [email protected]

Of ’n inbetaling maak by:

Kimberley Uplifting Project
Nedbank
Rekeningnommer: 111 8403 460
Verwysing: DIGNITY

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief