VSA. – Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers en die senaat het gestem ten gunste van die Epstein FIles Transparency-wetsontwerp wat die justisiedepartement sal dwing om die dossier oor die ondersoek na die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, vry te stel.
Lees ook: Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem vandag oor Epstein-wetsontwerp
Die huis van verteenwoordigers het 427 stemme gehad ten gunste van die wet en een teen die wet; die senaat het geen stemme teen die wet gehad nie. Die Republikein wat teen die wet gestem het, het gesê hy is “bekommerd oor die onskuldige mense wat seer gaan kry” met die vrystelling van die Epstein-dokumente.
Donald Trump sal nou die wetsontwerp teken om dit ‘n amptelike wet te maak. Daarna sal prokureur-generaal, Pam Bondi, 30 dae hê nadat die wet geteken is om “alle ongeklassifiseerde rekords, dokumente, kommunikasie en ondersoekmateriaal” aangaande Epstein vry te stel.
Bondi sal wel die mag hê om inligting terug te hou wat aktiewe federale ondersoeke raak of enige slagoffers identifiseer.
Bronne: BBC, NBC News, CBS News
Lees ook: Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem vandag oor Epstein-wetsontwerp





