NOORD-KAAP. – ‘n Verdagte van ‘n huisroof wat na bewering Vrydag in West End plaasgevind het, word deur Kimberley se moord-en-roof-eenheid gesoek.
Sers. Timothy Sam sê die klaagster het in die vroeë oggendure van ‘n manspersoon in haar kamer wakker geword. Hy het glo haar selfoon geëis. ‘n Struweling het ontstaan en die vrou se bure het haar te hulp gesnel, waarna die verdagte met haar selfoon gevlug het
Die polisie kon ‘n identikit van die verdagte wat Setswana praat, slank van bou en tussen 25 en 35 jaar oud is, saamstel.
Enigiemand met inligting van die verdagte word versoek om speur.AO Andrew Segoje by 071 208 3094 of 082 302 0407 te bel.
Sam sê alle inligting sal as vertroulik hanteer word.





