‘Huisrower’ deur sekuriteitsbeamptes doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Emer-G-Med

GAUTENG. – ‘n Beweerde huisrower is omstreeks 09:00 in die Brooklyn-polisiëringsarea by die Garsfonteinbrug op die N1 in ‘n skietery met sekuriteitsbeamptes dood.

Brig. Mavela Masondo sê sekuriteitsbeamptes het ‘n alarm ontvang van ‘n huisroof wat pas vantevore in Sinoville gebeur het.

Sekuriteitsbeamptes het glo die Range Rover wat op die toneel gesteel is raakgesien en dit probeer stop. ‘n Hoëspoedjaagtog het plaasgevind tot waar die voertuig by die Garsfontein-afrit gerol het.

Na bewering het die verdagte uitgespring en op die sekuriteitsbeamptes geskiet, waarna hy noodlottig gewond is. Polisielede het ‘n vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is langs die oorledene gevind.

Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en huisroof.

Kyle van Reenen van Emer-G-Med sê hulle is na ‘n toneel van ‘n enkelmotorvoertuigongeluk uitgeroep.

Met aankoms op die toneel is ‘n voertuig gevind wat op sy kant lê met verskeie sekuriteitsvoertuie wat die toneel beveilig. ‘n Man met ‘n noodlottige skietwond is in die motorvoertuig gevind en is dood verklaar.

Van Reenen sê ‘n skietery het ontstaan terwyl sekuriteitsbeamptes ‘n verdagte gejaag het. Die verdagte is noodlottig gewond.

Bron: SAPD en Emer-G-Med

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief