Huldeblyke stroom in na Julie Strijdom se afsterwe

Lees ook :

Huldeblyke stroom in na Julie Strijdom se afsterwe. Foto: Facebook en Illustrasie: Canva

Huldeblyke stroom in na die nuus van aktrise en regisseur, Julie Strijdom (79), se afsterwe op Saterdag 16 Maart. Sy is na ’n kort siekbed weens nierversaking oorlede.

Strijdom was te sien as tannie Breggie in die reeks Binnelanders en is gereeld op RSG se radiodramas gehoor. Sy was ook al regisseur by die SAUK.

Magriet van Loggerenberg, televisievervaardiger, het die nuus op haar Facebook-blad bekend gemaak. “Ons het hartseer nuus. Julie Strijdom is sopas oorlede na ’n siekbed. Ons is dankbaar dat sy nie gely het nie. Ons sal binnekort meer inligting gee oor die gedenkdiens.”

Een vriendin onthou die vrolike kuiers rondom haar eetkamertafel in Menlopark. ’n Oudkollega beskryf haar as ’n wonderlike kollega en vriendin wat altyd bereid was om iets nuut te probeer.

Bronne: Pretoria FM, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief