Kyk: Skole pak mekaar na rugbywedstryd

Lees ook :

Kyk Skole pak mekaar na rugbywedstryd. Foto ter illustrasie: Canva

GRAHAMSTAD, OOS-KAAP. – ’n Video oor ’n beweerde voorval tussen twee top seunskole in die Oos-Kaap doen die rondte op sosiale media.

’n Geveg het glo uitgebreek na ’n eerste span se rugbywedstryd tydens die Greame-rugbyfees in Grahamstad op 16 Maart.

In die video kan gesien word hoe van beide skole se rugbyspelers en omstanders aan die baklei raak terwyl die toeskouers senuweeagtig toekyk. Na bewering het ’n omstander op die veld gegaan om ’n leerder te takel.

Die een span het die ander 29-14 geklop. Dit is nog nie bekend wat aanleiding tot die onderonsie gegee het nie.

Volgens die een skool se Facebook-blad het die bespreking van ’n speler deur ’n ouer op sosiale media tot die konflik bygedra. Beide skole is gekomplimenteer oor hoe die voorval na die tyd hanteer is.

Adrian Slabbert het die volgende beeldmateriaal van die voorval op Twitter gedeel:

Bronne: Twitter, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief