VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n onbekende man is op 9 Januarie omstreeks 09:50 in die Vredefortdam gevind waar dit dryf. Speurders vra nou hulp om die man te identifiseer.
Sers. Josephine Rani sê die polisie is na die toneel ontbied waar die liggaam van ‘n man in die dam aangetref is. Hy het geen identifikasie aan hom gehad nie.
Enigiemand wat weet wie die man is, of weet wie sy familie is, word gevra om speur-AO Johannes du Toit op 082 301 3048 te bel.





