MPUMALANGA. – Komatipoort-polisie vra hulp van die gemeenskap om ‘n man wat Maandag omstreeks 20:50 in ‘n ongeluk betrokke was en gesterf het, te identifiseer.
Kapt. Magonseni Nkosi sê volgens inligting het ‘n taxi van Naas op pad na Komatipoort by die N4-padaansluiting oor ‘n man gery. Die man is vir mediese behandeling na Tonga-hospitaal geneem, maar het aan sy beserings gesterf.
Nkosi vra die lede van die gemeenskap wat moontlik ‘n familielid of vriend verloor het om sers. Vincent Mashaba by 082 449 0272 te bel.
Die slagoffer, tussen 30 en 35 jaar oud geskat, was in ‘n goue Kaizer Chiefs-sporthemp en ‘n denimbroek geklee.





