GAUTENG. – Jessica Daniella Bruyn (15) is laas op 19 September, omstreeks 18:30, in ‘n blou voertuig met ‘n onbekende registrasienommer in Tasso Shopping Centre in Albermarle gesien.

Vulnerable Citizens Support Initiative (VCSI) sê Bruyn is 1.61 meter lank en het ‘n mengsel van blonde en ligbruin hare en haar oë is Blou/Grys van kleur.
Die tiener het ‘n letsel op haar regtergewrig en was in swart geklee.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind word gevra om VCSI – Mahmood by 082 443 2245, Sunine by 076 451 0080, Corinda by 0830304 2118,
Barend by 084 223 7759 of Leticia by 081 860 8145 te bel.
Germiston-polisiekantoor kan ook by 011 871 5023, 071 675 7395, 082 467 2564 of 011 871 5016 gebel word.





