Hulp gevra oor seun wat in vreemde huis wakker word

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die Mothibistad-polisie vra die publiek om te help om ‘n jong seun wat glo in ‘n huis in Magojaneng-woonbuurt wakker geword het, se familie op te spoor.

Kapt. Nomvuyo Makoloi sê die seun is glo in die slaapkamer van Koketso Thobega, die huiseienaar, gelos. Thobega beweer toe hy Sondagoggend wakker word, het die seun langs hom gelê en slaap. Thobega sê hy ken nie die kind of die ma van die kind nie. Die huis word glo nie gesluit nie en daar word vermoed iemand het die huis binnegegaan en die kind daar gelos.

Die seun is tans by die Mothibistad-polisiestasie.

Enigiemand met inligting kan kapt. Nomvuyo Makoloi by 076 380 2097 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief