NOORD-KAAP. – Die Mothibistad-polisie vra die publiek om te help om ‘n jong seun wat glo in ‘n huis in Magojaneng-woonbuurt wakker geword het, se familie op te spoor.
Kapt. Nomvuyo Makoloi sê die seun is glo in die slaapkamer van Koketso Thobega, die huiseienaar, gelos. Thobega beweer toe hy Sondagoggend wakker word, het die seun langs hom gelê en slaap. Thobega sê hy ken nie die kind of die ma van die kind nie. Die huis word glo nie gesluit nie en daar word vermoed iemand het die huis binnegegaan en die kind daar gelos.
Die seun is tans by die Mothibistad-polisiestasie.
Enigiemand met inligting kan kapt. Nomvuyo Makoloi by 076 380 2097 bel.