Die internasionale energieagentskap (IEA) oorweeg om noodolievoorraad vry te stel om die mark te stabiliseer as gevolg van die voortgesette konflik in die Midde-Ooste. Die IEA het tydens ‘n vergadering in Parys die G7-energieministers op hoogte gebring oor sy perspektief oor die konflik in die Midde-Ooste wat wêreldwye markte beïnvloed.
Volgens Fatih Birol, die IEA-uitvoerende direkteur, is produksie van groot hoeveelhede olie lamgelê en probleme met vervoer deur die Straat van Hormoes plaas die wêreldmark onder druk. Lidlande van die IEA hou tans meer as 1,2 miljard vate openbare noodolievoorraad, met nog 600 miljoen vate in industriële voorraad onder staatsversekering. “Die oliesektor het die afgelope dae verergerde toestande ervaar, insluitend probleme met vervoer deur die Straat van Hormoes en die opskorting van produksie van ‘n groot hoeveelhede olie, wat die mark steeds meer onder druk plaas. Birol het gesê dat alle opsies bespreek is, insluitend die moontlikheid om IEA-noodolievoorraad vry te stel. Lidlande van die IEA hou tans meer as 1,2 miljard vate openbare noodolievoorraad aan, met nog 600 miljoen vate industrievoorraad onder staatsversekering.”
‘n Buitengewone vergadering van IEA-lidlande is reeds belê om te besluit of en wanneer hierdie noodvoorraad vrygestel moet word om die voorsiening en markstabiliteit te ondersteun.





